Die vrystelling van slawe: Pniël-gemeenskapsmuseum – "Ons storie"

“Hierdie rotse is vas aan ’n rotsbasis, ’n afbeelding van Afrika, wat geplaas is binne ’n rotssirkel wat die ganse aarde simboliseer. Hiermee word die geskiedenis van ons dorp (en vallei), vir altyd gekoppel aan die vernedering en uitbuiting van miljoene mense in ons land en regoor die ganse wêreld.”