Die uitbeelding van Jesus in die Evangelie van Judas

“Daar word eers na die mitologiese identiteit van Jesus as die gestuurde van Barbelo gekyk. Dan word die konstruksie van Jesus as ’n laggende leraar-profeet ondersoek, met die klem op die literêre tegniek van ironie en tragedie, wat beide Jesus en Judas se identiteit inkleur. Laastens bied die studie ’n blik op die figuur van Jesus as ’n teenstander van die proto-Ortodokse kerk.”