Persverklaring: die Toyota US Woordfees 2023 skop af met ’n borrel

Die Toyota US Woordfees was in 2022 die eerste keer ’n Bolandse lentefees. Die 2023-program, wat in verskeie opsigte aan die bruising in die feestema, Borrel, gestalte gee, is Donderdagaand 22 Junie by ’n spesiale borrel (soos die Nederlanders ’n partytjie noem) op die Muratie-wynlandgoed met Tracey Lange as seremoniemeester bekend gestel.