Die Soefi-denkwêreld van Rumi na aanleiding van sy gedig "Die rietfluitlied"

“Hierdie artikel het ten doel om vir die leser iets van die denkwêreld van die gewilde 13de-eeuse Persiese digter en Soefi-mistikus, Jalāl al-Dīn Muhammad Rūmī, te bied. Deur ’n ontleding en interpretasie van die 18 aanvangsreëls uit sy monumentale werk, die Mathnawí, word sekere kardinale Soefi-leerstellings blootgelê en bespreek.”