Die Schreiner Karoo Writers’ Festival, ’n fotoblad

“Hierdie skrywersfees in die Karoo is klein en intiem. ’n Mens leer die sprekers en die gaste ken. Dit is gans anders as die groot nasionale feeste waar die sprekers op die verhoog sit en ’n mens nie regtig na aan hulle kan kom nie. Hier eet almal saam, die sprekers luister na mekaar en daar is ’n heerlike interaksie tussen dié wat optree en die wat die gesprekke en ander items bywoon. Die lieflike Victoria Hotel en die Tuishuise bied ook ’n unieke, warm platform vir die fees.”