Die reënroeper bring hoop

  • 32

vandag loop die springbokooi kop omlaag
snuiwend na opgedroogde vog en
onder die kameeldoringboom
herkou die gemsbok moeg
met stofdeurdrenkte speeksel 
die verdwaalde omkrulpeule 
in hoop vir nuwe krag

daar waar die duine 
se rooibruin stof dwarrels draai
sterf die dag van hitte-uitputting en
tot die gekko verdwaal op sy spoor

iewers tuur ’n Godsman na bowe
fletsend soek en speur sy oë
oor die kim se rooi
na ’n vuisvolwolk
wat in genade sal lek
windlangs sweef
vertroostend die
reënroeper se klanke

dan as die eerste druppels 
in die dorheid plof
vlam die mens en dier
se harte vol hoop

Ook deur Anzé Bezuidenhout:

Revolusie

Alcatraz

  • 32

Kommentaar

  • Skitterende werk Anze - jy mag maar skryf - dit bly 'n vreugde en voorreg om jou werke te lees.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top