Die produksieprofiel en -patrone van prente- en geïllustreerde kinderboeke in Suid-Afrika in die 21ste eeu (2000–2020)

“Hierdie artikel ondersoek die produksie van prente- en geïllustreerde kinderboeke binne die raamwerk van die literêre sisteem. Die ontleding van die saamgestelde oorkoepelende produksieprofiel dui die uitgewerye en produksiepatrone in hierdie genre vir die tydperk 2000 tot 2020 aan.”