Die middelhoë voorvokaal /e/ van Bruinafrikaans

“Hierdie artikel vorm deel van ’n groter projek waarin die akoestiese eienskappe van die vokaalstelsel van Bruinafrikaans (BA) ondersoek en beskryf word. Hoewel so ’n beskrywing waardevol op sigself is, is dit ook noodsaaklik met die oog op ’n poging om te probeer bepaal in hoeverre mens van BA as een van die belangrikste variëteite van Afrikaans kan praat.”