Die liggaamsonvergenoegdheid van die gelowige vrou: ’n holistiese pastorale perspektief

“Die bevindinge toon dat liggaamsonvergenoegdheid ontstaan uit die wisselwerking tussen eksterne druk en interne kognitiewe faktore. Die deurslaggewende faktor is egter ’n geestelike leemte, ’n versuim om jou identiteit op God se liefde te grondves – wat lei tot destruktiewe gedrag en ernstige gevolge soos eetversteurings.”