Die Lasarus-effek: Andries Albertus Pienaar (Sangiro) (1894–1979)

“Sy vormingsjare in Duits-Oos-Afrika (wat dele van die huidige Tanzanië, Rwanda en Burundi beslaan het), aan die voet van Kilimandjaro, het ’n lewenslange liefde vir diere en die tropiese landskap gevestig. Die plaaslike bevolking het hom die bynaam Sangiro, wat ‘hasie’ beteken, gegee omdat hy so vinnig kon hardloop – ’n naam wat hy later as skrywersnaam sou gebruik.”