Die kultuurhistoriese aktiwiteitsteorie: ’n lens om die onderrig van plantkunde as teenvoeter vir plantblindheid te ondersoek

“Plantblindheid, of die onvermoë om plante raak te sien of om hulle belangrikheid te erken, is ’n verskynsel wat wyd onder akademici, onderwysers, leerders en die algemene publiek voorkom.”