Die koppeling tussen die Gordel-en-pad-inisiatief (GPI) en die Afrika-vryehandelsone (AVHS): ’n Teoretiese ontleding uit die politieke ekonomie van handel en streeksintegrasie

“’n Aanbeveling is die belangrikheid van gesprek tussen China en Afrika om areas en roetes vir streeksintegrasie te identifiseer. China se finansiële hulpverlening en ervaring in die bou van infrastruktuur kan meehelp om streke te integreer en mededingende markte te skep.”