Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Reisjoernaal

“Toe ’n Europese reis my die eerste maal beskore word – na Parys, Frankryk van 5 tot 31 Desember 1994 – was dit ’n soort tuiskoms. Jy moes soontoe reis om, soos soveel andere voor jou, agter te kom jy is meer van hiér, van Afrika, as van dáár; en jy moes soontoe reis om ook te besef dat jy tog in ’n mate daar tuis voel.”