Die Johann Rossouw-gespreksreeks: ’n Filosofiese oorweging van intelligensiesimulasie (IS) – Luc Ferry se IA, Grand remplacement ou complémentarité?

“KI [tref] die mens in dit wat tot nou toe sy spesifieke verskil, sy ondeurdringbare monopolie was. Dit is naamlik intelligensie, omskryf nie slegs as die vermoë om komplekse probleme op te los nie, maar bowendien ook die vermoë om natuurlike taal te verstaan en te praat – die alledaagse taal wat ons vind in die beelde en tekste deur mense geskep.”