Die Hompie Kedompie-dilemma van kurrikulum: ’n verkennende studie van onderwysstudente se kurrikulumbegrip

“Ten spyte van hierdie teoretiese kompleksiteit word die begrip kurrikulum in onderwyspraktyk en onderwyseropleiding dikwels vernou tot ’n statiese beleidsdokument of ’n stel voorgeskrewe leerinhoude. Teen hierdie agtergrond ondersoek hierdie artikel hoe onderwysstudente die begrip kurrikulum konseptualiseer en hoe hul begrip deur ’n doelgerigte pedagogiese ingreep beïnvloed kan word.”