Die denker as digter, die digter as denker: D.J. Opperman, N.P. Van Wyk Louw en die digkuns/filosofie-debat in die Afrikaanse letterkunde (Deel 1)

Dat die verhouding tussen die digkuns en die filosofie as ’n intellektuele strydpunt binne die konteks van spesifiek die Afrikaanse digkuns bestaan (en dat die name van Opperman en Louw onlosmaaklik aan hierdie debat verbonde is), is nie te betwyfel nie.