"dié dag, / leef jy twee maal": Anna Neethling-Pohl se vertalings van vyf en twintig Shakespeare-sonnette as performatiewe spraakhandelinge

“In hierdie opsig kan Neethling-Pohl as ’n Janus-figuur beskou word: In ’n terugskouende opsig vind sy in Shakespeare se sonnette ’n vertolking van haar belewenis van veroudering. Omgekeerd sou dit só gestel kon word: dat sy in haarself ’n ‘herhaling’ bespeur van die kwessies wat deur sy sonnette te berde gebring word en dit dan aan haar gehoor oordra.”