Die Covid-entstof en gestremdes: Meneer Ramaphosa, ek vra met respek

“Die Wêreldgesondheidsorganisasie het Afrika eers verlede jaar vry van polio verklaar, danksy inentingsprogramme. Hoewel die entstof reeds beskikbaar was toe ek gebore is, was ek te swart om dit by die wit kliniek te kry. Ek was drie maande oud toe ek polio gekry het.”