Die braambos bly brand, saamgestel deur Pieter Malan en Chris Jones: vars uitkyk van nie-teoloë

“Wat vir my opvallend met die lees van Braambos is, is hoe min ‘aggressiewe ateïsme’ daar tussen die blaaie van hierdie boek te vinde is. Die samestellers Pieter Malan en Chris Jones verdien ’n pluimpie vir die produk wat hul aanbied: dis kraakvars en propvol.”