Die beoefening van Nuwe Testamentiese wetenskap as vakdissipline in Suid-Afrika

“Dit vereis dat geloofsgemeenskappe begelei moet word in kritiese nadenke deur onder andere daarop te wys dat ’n gehoorsame leesstrategie van tekste soms gebalanseer en aangevul moet word met ’n weerstandige lees van die teks, en deur samewerking met ander teologiese dissiplines.”