Die begrip vervreemding in S.J. Naudé se Die derde spoel en Van vaders en vlugtelinge – ’n psigoanalitiese en filosofiese beskouing

“Die stukrag van Naudé se werk is geleë in die feit dat hy die moed het om vir ons ’n wêreld aan te bied wat nie meer ’n wêreld is nie, wat mank gaan aan empatie, intimiteit, solidariteit en gemeensaamheid – en dan gee hy sy karakters vrye teuels in hierdie wêreld om te sien wat gebeur.”