Die begrip accommodatio by Christoph Wittich (1625−1687) en sy Cartesiaans-rasionalistiese omgang met die Bybelse teks

“Om homself binne die raamwerk van die Protestantse Skolastiek te posisioneer en sy posisie te verdedig, het hy, as retoriese strategie, ’n sterk beroep gedoen op die begrip accommodatio, wat vir eeue reeds in die Augustiniaanse tradisie aanvaar en eksegeties uitgebou is.”