Die afrikanisering van voorgraadse kursusse in Mens-rekenaar-interaksie (MRI) en Besigheidsontleding (BO): ’n Kwantitatiewe studie oor studente se ervaring

“Daar word wyd erken dat die wetenskap tradisioneel deur Westerse paradigmas gemonopoliseer is. Verskeie velde in die sosiale wetenskappe besef dat navorsing nodig is om ’n bewustheid van die behoefte aan dekolonisasie in hierdie velde te kweek.”