"Darling, ek is onrondneukbaar": Intertalige en intersemiotiese vertaling in TRUK se 1983-produksie van Nerina Ferreira se Afrikaanse vertaling van William Shakespeare se The taming of the shrew as Die vasvat van ’n feeks

“Ferreira verwoord haar ervaring van die bevrydende potensiaal van humor, selfspot en performance, veral in verband met haar aanvanklike lae selfbeeld wat haar genderidentiteit betref – kernelemente van die tematiese gemoeidheid van The shrew.”