NouNet

NouNet-mening – "Ek het my eerste parkrun oorleef": ’n Ware verhaal van onfiksheid en selfverwyt

Wilken Calitz NouNet 2020-02-28

"Die mistige wyshede hou jou brein besig en sit die eksistensiële angs vir ’n wyle onder ’n maatemmer. En daar, te midde van sweet, angs, blatante woede en selfverwyt, sweef ’n swerm versreëls tot my redding."

Die opkoms van die introvert

Elmarie Viljoen-Massyn NouNet 2020-01-15

"Eerder as om te verstaan, word gepoog om te verander, te help. Die 'stil enetjie' om nuwe vriende te maak. Die muurblom wat die lewe en al die genot wat dit bied, misloop, hier eenkant in die hoek, ver weg uit die kring van die skoffelendes."

NouNet-mening: Om vredeswil! Nobel se vreemdste prys

Yolanda Spies NouNet 2019-11-27

"Vanjaar se Nobel-Vredesprys is toegeken aan Abiy Ahmed Ali, die eerste minister van Ethiopië. Hy is die jongste regeringshoof in Afrika en is benoem vir die prys na skaars ’n jaar aan bewind. Hoe op aarde het hy die wêreld se mees gesogte toekenning gekry?"

NouNet-mening: Genoeg is genoeg

Kanya Viljoen NouNet 2019-10-22

"Meer as ’n maand gelede het optogte dwarsdeur die land uitgebreek nadat ’n Universiteit van Kaapstad student, Uyinene Mrwetyana, verkrag en vermoor is in Claremont se poskantoor. Die kwessie van geslagsgeweld teen vroue en kinders is landswyd debatteer, bespreek en bespiegel. ’n Gesprek het plaasgevind, beloftes is gemaak, en toe het die land weer stil geword, voortgegaan asof die probleem opgelos is."

NouNet-mening: Drink en bestuur – "Mamma wag nie vir my nie"

Riette Rust NouNet 2019-09-26

"’n Nuwe perspektief oor drink en bestuur is nodiger as ooit. En dit sluit nie padblokkades en blou ligte in nie."

NouNet-mening: "Dis darem ’n f….n mooi strand!" ‒ ’n Ondersoek na die wetsontwerp wat vloek op strande verbied

Wilken Calitz NouNet 2019-09-19

"Indien dit wel deurgevoer word, sal die gange in die howe besaai wees met swetsers in boeie. Die strande sal vol wetstoepassers wees. Die woordeboek-industrie sal vlamvat. Vertalers en taalkundiges sal topsalarisse verdien en uiteindelik sal morele waardes weer aan die orde van die dag wees."

NouNet-mening: Xenofobie – Hoe Suid-Afrikaners hulleself in die voet skiet

Gerbrandt van Heerden NouNet 2019-09-12

"Vir ’n lang tyd is Suid-Afrika beskou as ’n aanloklike bestemming vir baie immigrante om ’n nuwe, meer suksesvolle lewe te begin. Maar onlangse gebeure in die land kan veroorsaak dat hierdie trekpleisters nie meer genoeg is vir mense om na Suid-Afrika te verhuis nie. In 2019 word Suid-Afrika weereens geskud met xenofobiese geweld."

NouNet-mening: Hong Kong – steeds eiland met geur en kleur

Elizma Harmse NouNet 2019-09-05

"Dit is wonderlik hoe die sambrele oopgaan wanneer die eerste druppels begin val. Sambrele in die somer is ’n noodsaaklikheid vir enige ordentlike Hong Konger. Nie net vir die reën nie, maar ook as die son te warm begin steek. En natuurlik, dié wat aan die Hong Kong opstande deelneem, kruip ook gerieflik agter sambrele weg in die konfrontasies met die polisie."

NouNet-mening: Dié Boek en (daardie) Ballade(s) van die Bose

Clinton V du Plessis NouNet 2019-09-05

"Ongeveer twee weke gelede koop ek weer ’n boek aan op ’n aanlynwerf – ’n Afrikaanse boek. Dit is een waarna ek al vir jare soek, maar nooit gekoop kry nie. Op ’n manier word dié aankoop vir my ’n soort WVK-oomblik met Afrikaans ..."

NouNet-mening: Oor vrouelogika en ander geite

Nini Bennett-Moll NouNet 2019-08-30

"Nadat ek vir jare die eienaardighede so eie aan vroue bestudeer het, het ek besluit om enkeles daarvan neer te pen."

NouNet-mening: ’n Plaaskind probeer die K53 en die ongeskrewe padreëls van die stad met mekaar vereenselwig

Irene Schoonwinkel NouNet 2019-08-29

"As plaaskind was dit vir my glad nie ’n probleem om uit te figure hoe om met die plaasbakkie te ry nie. Dit was eintlik heel eenvoudig. Maak seker die bakkie is uit rat, draai die sleutel, trap die clutch in, verander na eerste en trap die petrol. Daar gaan jy!"

NouNet-mening: Beteken bo vyftig dat jy breindood is?

Hendie Grobbelaar NouNet 2019-08-23

"Ons kan die internet 'surf' dat jou kop draai ... Ons reis alleen oorsee, ons klim Kilimandjaro en ons gaan stap die Camino ... Ons kan somme maak sonder ’n sakrekenaar of daai toepassinkie op jou slimfoon. Ons kan spel, ons kan ordentlik oor ’n telefoon praat ... Ons kan ’n debat voer in ’n raadsaal sonder om elke vyf minute op ’n selfoon te kyk."

NouNet-mening: Somers in Skotland

Herschelle Benjamin NouNet 2019-08-19

"Dit is werklik merkwaardig en spesiaal vir my om as skrywer en jong man weer hierdie tyd van die jaar in Skotland te wees. Edinburg is as UNESCO se eerste stad van Literatuur aangewys en Harry Potter-liefhebbers stroom steeds na die kafees waarin JK Rowling geskryf het."

NouNet-mening: Ons sal die gemors moet uitsort

Pieter Odendaal NouNet 2019-08-15

"Ek skakel my foon aan. Nog ’n artikel oor die ongelyke verspreiding van die effekte van klimaatsverandering in die ontwikkelende wêreld. Nog pollutants in die visse in Valsbaai. En soos die paniek elke dag op my Facebook en in my hart groei, wonder ek of ons dalk verdien om uitgewis te word, en hoeveel van ons nageslag oor sal wees om ons kwalik te neem dat ons nie genoeg gedoen het nie."

#NouNet #Klimaatsverandering #GlobaleVerwarming 

NouNet-mening: Sisteem, watter sisteem?

Ilisna Nel NouNet 2019-08-15

"Die sisteem het net oë vir die ouers, wat is nou so erg daaraan dat ’n kind haar bed natmaak en haar naels in die lewe afkou? Week vir week stry ons in die hof, die sisteem faal ons weer. Papierwerk is nie op datum nie. Huisbesoeke word nie uitgevoer nie." Ilisna Nel vertel van haar ervaring as ’n pleegmoeder.

NouNet-mening: Bendegeweld op die Kaapse Vlakte – ’n humanitêre krisis

Shirmoney Rhode NouNet 2019-08-08

"Hoe gaan die weermag help om die probleme op die Kaapse Vlakte, waarvan bendegeweld maar net een is, op die lang termyn te help bestry?" Shirmoney Rhode deel haar ervaringe van lewe op die Kaapse Vlakte en gee haar mening oor die weermag wat daarheen ontplooi is om bendegeweld stop te sit.

NouNet-mening: Ons almal kan weer baat by ’n stukkie Madiba

Gielie Hoffmann NouNet 2019-08-08

"Verlede Dinsdagaand sit ek vroeg in my kar by die Nelson Mandela Foundation in Houghton. Ek is hier om die bekendstelling van Zelda la Grange se nuwe kykNET-reeks, Uitsonderlike Roeping, by te woon. Dit is ses uurlange episodes waarin Zelda terugstap op Madiba se spore om te gaan kyk wat hom gevorm het en om seker so ook te verstaan hoe hy ons gevorm het." 

NouNet-mening: Skuldlas

Hendrik du Plessis NouNet 2019-08-02

"Waarom het ek nie hierdie goed op skool geleer nie? Wiskundig kan ek Sin, Cos en Tan om mooi kurwes op grafieke te trek, en ek kan Shakespeare verstaan, ek weet waar Saul vir Oupoot moes skiet en ek weet darem waar goud op die periodieketabel lê. Maar van belasting, lenings, bankrekenings, rentekoerse, dienskontrakte, en aansluitingskontrakte moes ek op die harde manier leer."

NouNet: publiseer jou mening op LitNet!

LitNet NouNet 2019-08-02

Het jy geweet jy kan op LitNet publiseer? LitNet gaan R1 250 beskikbaar stel aan die skrywers van NouNet-meningsartikels. Jy pen jou mening oor enigiets onder die son neer. Verkieslik iets aktueels, maar dit kan ook oor boeke, reis, of die lewe in Suid-Afrika, die liefde of iets wat jou irriteer, gaan. Laat hoor van jou!

NouNet-mening: Die Stilswye van Stilte

Kanya Viljoen NouNet 2019-08-02

"Maar is ons, as samelewing, besig om stilte te verloor? Is die idee van stilte, soos sekere dierspesies, besig om uit die kollektiewe geheue van die samelewing te verdwyn? Kan ons wérklik stil word?"

Top