Op die redakteur se lessenaar
Nuut by Lux Verbi: Vind God in die gewone deur Tom Smith
2024-03-27Tom Smith wys ons hoe ons daagliks meer bewus kan wees van God in ons lewe: In ons gaan slaap, wakker word, soeke, reis, werk, speel, eet, seerkry, rus en in die dood. Hy help ons om te sien dat ons verhouding met God nie daaroor gaan om meer goed in ’n alreeds bedrywige lewe in te prop nie; dit gaan daaroor om God in alles te ontdek.
Nuut by Best Books: Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole saamgestel deur Tanya Viviers
2024-03-27Die bundel bevat elf nuutgeskrewe dramas met as sentrale tema tieners se smagting na aanvaarding en om as jong volwassenes in die samelewing hul eie identiteit te vind. Die tekste wys onder meer hoe tieners as helde en gewilde mense deur hul medemens gesien wil word.
Nuut by Tafelberg: Anton Rupert – Die lewe van ’n sakelegende deur Ebbe Dommisse
2024-03-27Die verstommende storie van ’n sakelegende wat een van Afrika se welvarendste maatskappye uit niks opgebou het. Wat was Anton Rupert se geheim? Sy sienings oor die skepping van werk en welvaart in ’n sukkelende ekonomie, is sy blywende nalatenskap met diepgaande lesse vir Suid-Afrika vandag.
New from Naledi: A big hand for the spirits by Jennifer Stern
2024-03-27An ecologist on the run from a hit man joins up with a brilliant physicist struggling to reconcile his traditional African beliefs with science, an anesthetist dealing with a bad marriage, a physically powerful, but emotionally distraught river guide, and an enigmatic recovering drug addict who alternates wildly between reality and fantasy.
Nuut by Naledi: ...so ook op die aarde deur Betsie van Niekerk
2024-03-27In ’n afgeleë Kalahari-woestyndorpie ontdek ’n jong Franse non, Léonie Duvernois, dat haar lewe lyflik en aards is en om lief te hê onkeerbaar soos ’n fontein in jou opborrel. Hierdie is die universeel, eg menslike verhaal van ’n klein gemeenskap met eie wegsteekdinge, mense vir wie God in die worsteling van hul bestaan soms net ’n skrale wete is.
New from Tafelberg: Soul of a nation by Oyama Mabandla
2024-03-13There is lament about how and why the ANC have so quickly become preoccupied with material enrichment. Former exile, business leader and political commentator, Oyama Mabandla excavates the values that created a steady flow of pioneering South Africans under impossible circumstances, bolstered a liberation ethic and championed a leadership that made individual nobility and excellence aspirational. These values, in retreat since 1994, can still recapture the nation’s best trajectory.
Nuut by Human & Rousseau: Duifeling deur Lize Albertyn-du Toit
2024-03-13Hoe Sara Koordom op Rooiduin in die verre Noord-Kaap aangeland het, is ’n raaisel. Sy het gekom soos die woestynwind – een dag was sy daar, en niemand weet van waar nie. Dis nie lank nie of die hele dorp merk op watter raakvatter Sara is. Maar die bedreiging wat Piet Boskat inhou, roep die spoke van Sara se verlede op.
Nuut by LAPA: Solank as die aarde deur Lucia Prinsloo
2024-03-13In die nasleep van tragedie moet Ragel hul familieplaas vroualleen te midde van ’n groot droogte probeer red. Sy maak vriende met die gemeenskap se jong boere wat hulle oor haar ontferm en op ’n dag kom daar ’n vreemdeling oor die berge aangestap. Die luiperdman, soos sy hom leer ken, laat haar anders na alles kyk.
Nuut by LAPA: Donkertyd: My naam is Tina deur Mariël le Roux
2024-03-13Sy is tot haar misnoeë vernoem na haar ouma Geertina, op haar beurt ’n troosnaam vir haar vader, Geerton, wat in diepe droefheid versink het by die aanhoor dat daar nie vir hom ’n manlike erfgenaam sou wees nie. “Vergewe jul pa,” maan Annie telkens wanneer Servaas sy onbeteulbare woede op sy kinders uithaal, “sy kindertyd was donker.” Annie, sag, mollig en getrou aan haar huwelik en haar man, het skynbaar haar lot aanvaar.
New from Jonathan Ball: Called by the wind by Conraad de Rosner
2024-03-13The thrilling story of the conservationist who pioneered the use of dogs in combating poachers to protect wildlife in South Africa’s game reserves. His first anti-poaching dog, a Weimaraner named Zingela, became an inseparable companion. Zingela saved Conraad’s life on numerous occasions – once when Conraad was about to be assassinated by two fellow rangers hired by poachers. Conraad’s story is an epic of modern-day African wildlife conservation, spiced with adventure, courage and romance.
New from Jonathan Ball: Love and Fury by Margie Orford
2024-03-13Love and Fury is the compelling and intimate account of the life, loves and furies of Margie Orford. In this brave memoir, the renowned South African crime writer divulges some of the harrowing experiences that have shaped her life and influenced her writing.
Nuut by Queillerie: Kinderlê deur Lynthia Julius
2024-03-06Julius tree dikwels in gesprek met haar literêre voorgangers en betrek die huidige sosiopolitiek. Sy verruim Afrikaans met die gebruik van Gariepafrikaans en Nama-woordeskat.
Nuut by Human & Rousseau: Bloedsomer deur Sidney Gilroy
2024-03-06Wat het Die Clowns, ’n Russiese skeepskaptein en die matriag van die vooraanstaande Heemstra-familie se testament gemeen? En waar kom die albaster in die eerste slagoffer se hand vandaan?
New from Tafelberg: Power and faith: How evangelical churches are quietly shaping our democracy by Pontsho Pilane
2024-02-29"Are you black, or are you a Christian?" I am too dumbstruck to answer. He asks again, and I remain silent. "I am a black Christian, Pastor." Finally, some words. "I can’t be either, I am both."
Power and faith excavates the question of the church’s role in a progressive society.
New from Melinda Ferguson Books: Upstart by Alexandria Procter
2024-02-29At 25, Alexandria Procter became SA’s youngest startup tech wunderkind. During her annual break from UCT in 2018, she came up with the idea for DigsConnect, subsequently transformed from being a local student startup addressing the student housing crisis, to catapulting into the global fourth industrial revolution. A deeply inspiring story.
Nuut by Best Books: Faan Haas land in die pot en ander stories – Meerkatreeks (graad 1)
2024-02-22Die Meerkatreeks-klasleesboeke volg ’n fonetiese benadering waar klanke, en later spelkonvensies, stap vir stap aangebied word. Die progressie van fonetiese vaardighede duidelik gesien word. Die leeslesse word deurgaans vergesel met leesopdragte wat leesbegrip aanmoedig. Die leesstukke is opwindend en kontemporêr en sluit onder andere stories, fabels, grappies, feitestukke, advertensies en voorbeelde van digitale kommunikasie in.
Nuut by Tafelberg: Die feëtjiepolisiediens deur Leon-Ben Lamprecht
2024-02-22Almal in Feëtjieland kan rustig slaap met Kaptein Fanie en Sersant Saarkie van die Feëtjiepolisiediens wat ’n oog oor hulle hou! Daar is drie sake wat ondersoek moet word: in die Groot Woud by die De Beer-huis het iemand ingebreek en al die pap geëet, Jan Christoffel Reus se hennetjie wat goue eiers lê, is gesteel en Hansie en Grietjie Fick is weg ... te midde van vreemde gebeure by Mevrou Le-Vy se gemmerbroodhuisie.
Nuut by Human & Rousseau: Tuimeltrein deur René van Zyl
2024-02-22Abby, Jasper en Henri het net mooi niks in gemeen nie. Maar wanneer hulle moet saamwerk aan ’n groeptaak en dan die ooggetuies is van ’n moord, word hulle saamgegooi op ’n wilde tuimeltreinrit. Sonder selfone en met niemand wat in hulle onskuld glo nie, moet hulle op mekaar staatmaak om te oorleef. Die vraag is net: Gaan die polisie of die eintlike moordenaar hulle eerste opspoor?
Nuut by Human & Rousseau: Wim Vermaak maak ’n plan deur William Oosthuizen
2024-02-22Die verhaal neem die lesers op ’n lugballonavontuur saam met Katerien, Stef, Ouma Katie en ’n Great Dane-brak – Krummel. Ouma Katie se emmerskoplys neem hulle letterlik na hoër hoogtes. Die titel vorm deel van die Best Books vir klaslees-reeks wat fokus op leesboeke wat EAT-leerders in die klas kan lees.