NB-Uitgewersportaal

NB-Uitgewers is die grootse plaaslike algemene uitgewery in die Suid-Afrikaanse boekemark en is die markleier in volwasse fiksie, kinder- en jeugboeke en niefiksie.

NB Publishers is the largest general publisher in the South African book market, and the leader in adult fiction, nonfiction and children’s and youth fiction.

Pasverskyn: Liefde en verset deur André le Roux

LitNet Boeke en skrywers 2024-09-26

André le Roux se tweede digbundel verskyn 47 jaar ná sy debuut, Struisbaai-blues, wat kort ná publikasie in 1977 verbied is.

Persverklaring: kykNET-Rapport-boekpryse 2024

LitNet Boeke en skrywers 2024-09-21

Die kykNET-Rapport-boekpryse, wat altesaam R1 miljoen bedra, is op Saterdagaand 21 September 2024 in Kaapstad oorhandig. Met dié pryse word jaarliks erkenning gegee aan uitnemende Afrikaanse boeke en resensies wat die vorige kalenderjaar verskyn het. Hier is al die wenners!

Commendatio: kykNET-Rapportprys vir fiksie 2024

Ryan Pedro Boeke en skrywers 2024-09-21

"Die mooiste oomblikke in die boek sleur mee, en die hartverskeurendstes sny regdeur die been, tot by die murg."

Commendatio: kykNET-Rapport Herman Binge-filmprys 2024

Beer Adriaanse Boeke en skrywers 2024-09-21

"Vuurvoël benut ’n verskeidenheid groot temas, maar waar dit werklik uitstyg, is in die aanwending van ’n deurweekte en skalkse humorsin wat, soos met enige chemiese verbinding, in baie presiese mates bygevoeg moet word om te werk. Dit is die soort materiaal waaroor ’n filmmaker droom."

Commendatio: kykNET-Rapportprys vir niefiksie 2024

Lindie Koorts Boeke en skrywers 2024-09-21

"Die binneland in is ’n Nissan 1400-bakkie van ’n boek: klein, onopgesmuk, ’n bekende en betroubare werkesel, maar sy eenvoud is bedrieglik."

Invitation: Book launch of Matriarchs, meze and the evil eye: a memoir by Costa Ayiotis – 26 September, Cape Town

LitNet Books and writers 2024-09-20

Eva Mazza will be in conversation with Costa Ayiotis for the book launch of Matriarchs, meze and the evil eye: a memoir on Thursday, 26 September at 18:00 for 18:30 at Exclusive Books, V&A Waterfront, Cape Town.

Persverklaring: ATKV-Woordveertjies 2024 – Prys vir Poësie, Prys vir Dramatekste en Woordwystoekenning

LitNet Boeke en skrywers 2024-09-19

Die ATKV-Woordveertjies word aangebied om uitsonderlike bydraes rondom die Afrikaanse woord te bekroon. Van Suid-Afrika se voorste Afrikaanse skrywers en illustreerders het al met hierdie veer in hul hoed weggestap. Die waarde van poësie, dramatekste en woordeboeke lê in hul vermoë om die menslike ervaring te verryk, kreatiewe uitdrukking te bevorder en taalvaardighede te ontwikkel.

Persverklaring: ATKV-Woordveertjies 2024 – Prys vir Liefdesroman en Prys vir Romanses

LitNet Boeke en skrywers 2024-09-18

Boekwurms wêreldwyd sal jou vertel dat min dinge ’n goeie liefdesverhaal klop, en ook in Afrikaans staan liefdesromans hul plek op boekrakke vol.

Nina-omnibus – Die awesome speurklub deur Elizbè van der Colff: 'n resensie

Magdel Vorster Kinderboeke 2024-09-17

"Leerders kan ’n paar goeie idees vir entrepreneursdae by Nina en haar klasmaats kry. Lesers sal hulle ook met die gemoedelike onderonsies tussen seuns en meisies en die stryery onder sibbe kan vereenselwig. Ek vermoed hulle gaan ook gril, en ek sal nie verbaas wees as daar koppe ná hierdie storie jeuk nie."

Cliff-hanger: Foto’s & fairy lights deur An-Mari do Carmo – resensie en onderhoud

Cliffordene Norton, An-Mari do Carmo Boekrubrieke 2024-09-11

Cliffordene Norton bespreek Foto’s & fairy lights en gesels met die skrywer, An-Mari Carmo: "Ek het meer idees as wat ek tyd het om te skryf, en daar is so baie kwessies waarmee hedendaagse jongmense te doen het wat ek dink meer verteenwoordiging kort in boeke." 

Heks deur Dibi Breytenbach: ’n resensie

Jonathan Amid Resensies 2024-09-05

"Sien Heks dan as ’n lekkerleesboek met ’n kragtige kinkel; ’n moderne fabel waar die boodskap en die boodskapper van belang is, maar wat veel dieper strek as wie die hardste en aanhoudendste kan skree."

Hoekom is mans bang? In gesprek met Dibi Breytenbach oor Heks

Izak de Vries, Dibi Breytenbach Skrywersonderhoude 2024-09-04

"Se dinges. As ’n mens heksdom bereik, sien jy dit vir wat dit is. Dalk het ek te veel Foucault gelees – dat diegene met mag diskoerse tot hulle eie voordeel skep, terwyl hulle hulle intensies verskuil. Soewereine magsmisbruik op die kleinste skaal."

Onrus op Steynshoop deur Ingrid Winterbach: ’n resensie

Willie Burger Resensies 2024-09-04

"Soos met die meeste groot kunswerke is dit eerder ’n gewaarwording dat jy in die omgewing van iets groots is wat veel meer as ’n verwoordbare insig is. Jy maak die boek toe met die wete dat jy iets belangriks belééf het, iets baie betekenisvol wat moeilik verduidelik kan word."

Die onsigbare: ’n onderhoud met PJO Jonker

Trisa Hugo, PJO Jonker Skrywersonderhoude 2024-09-04

"Die onsigbare is so goed soos ’n ware verhaal vir my. Daar is nie navorsing wat hierin gegaan het nie, liewer belewing en inlewing. Ek weet hoe ruik skaapwol, hoe dit voel as ’n skaap jou kaal voet raaktrap. Feite is terloops. Ek weet in elk geval nie meer wat is waar en wat is verbeelde werklikheid nie."

Die Johann Rossouw-gespreksreeks: video-opname van gesprek met Dana Snyman oor Seun

Johann Rossouw, Dana Snyman Onderhoude 2024-09-03

Dana Snyman gesels in hierdie videogesprek met Johann Rossouw oor die geboorte van Seun en oor die raakpunte in hul onderskeie verwysingsraamwerke.

Almal moet kan vlieg: ’n resensie van Heks deur Dibi Breytenbach

Erla Diedericks Resensies 2024-09-02

"Sy vergelyk hul verhouding met die dramaturg, Aristofanes, se vertelling in Plato se Simposium van die kragtige, endogene, ronde skepsels, man én vrou, wat eens op aarde was en toe deur ’n jaloerse Zeus geskei en vervloek is om vir altyd rond te dwaal op soek na hul ander helfte."

Ek en jy bestaan nie: ’n onderhoud met Danie Marais

Naomi Meyer, Danie Marais Skrywersonderhoude 2024-08-29

"Namate die bundel begin vorm aanneem het, het ek besef hierdie woorde omvat op verskeie maniere wat my bedruk, bedroef en bekommer rondom al die sosiopolitieke kwessies wat ek hier bo genoem het en hoe dit ons persoonlike verhoudinge beduiwel."

Hemel en aarde en ons deur Zirk van den Berg: ’n resensie

Jonathan Amid Resensies 2024-08-21

"Die whodunit, die trajek van duisterheid en onsekerheid na helderheid, klarigheid en uitsluitsel, na ondubbelsinnige antwoorde, word met ’n 'konseptuele kinkel' moontlik na ’n ander bestemming geneem."

Invitation: Book launch of The truth about Cape slavery by Patric Tariq Mellet – 2 September 2024, Cape Town

LitNet Books and writers 2024-08-21

Clarence Ford will be in conversation with Patric Tariq Mellet about his new book, The truth about Cape slavery, on Monday, 2 September 2024 at 17:30 for 18:00 at Exclusive Books, Cavendish Square, Cape Town.

kykNET Silwerskermfees 2024: ’n onderhoud met Zelda Bezuidenhout, skrywer van Die dekonstruksie van Retta Blom

Naomi Meyer, Zelda Bezuidenhout kykNET Portaal 2024-08-21

"’n Storie op die silwerskerm bereik ’n mark wat die boek nie noodwendig sal bereik nie. Die feit dat al hoe minder mense boeke lees, is hartseer maar waar. En daar is stories wat eenvoudig met daardie wyer mark resoneer. Ek dink Die dekonstruksie van Retta Blom is so ’n verhaal."

Top