NB-Uitgewersportaal
NB-Uitgewers is die grootse plaaslike algemene uitgewery in die Suid-Afrikaanse boekemark en is die markleier in volwasse fiksie, kinder- en jeugboeke en niefiksie. NB Publishers is the largest general publisher in the South African book market, and the leader in adult fiction, nonfiction and children’s and youth fiction. |
Nuut by Tafelberg: Is jy orraait, Elizabeth? deur Rozaan de Wet Boer
2025-02-06Is jy orraait, Elizabeth? is ’n verhaal oor drie vroue wat dekades lank bevriend is en elkeen met hulle eie persoonlike probleme en gesinskwessies worstel. Dit is ’n roman wat diep menslike ervarings en die kompleksiteit van interpersoonlike verhoudings ondersoek. Want niemand ken jou diepste seer en jou moordende baklei teen die houe van die lewe so goed soos ’n naby vriendin nie. Sy koester jou en beskerm jou, selfs teen jouself.
Elders gesien: Dit was ’n voorreg om Joha se werk uit te gee
2025-02-03"Met hierdie proefskrif het sy gehoop om toekomstige navorsing en die bewaring van Namakwaland se mondelinge tradisie aan te moedig."
Om my kastele in Spanje te sloop deur Jaco Barnard-Naudé: Foto’s en video’s vir almal wat nie daar was nie
2025-01-31Uiteindelik wens Charl-Pierre Naudé vir Jaco Barnard-Naudé geluk met "die wonderlike skepping, raar en mooi".
Nuut by Queillerie: Ontvoer deur Constant van der Merwe
2025-01-29Ekspolisieman George Ekermans sien hoe ’n meisie in ’n bakkie ingedwing word en hy sit die voertuig onmiddellik agterna. Die ontvoerder ontglip hom egter en al leidraad is ’n eienaardige goue hangertjie wat die meisie laat val het. Wanneer George in sy soeke na die meisie te naby aan die waarheid kom, word sy eie lewe en dié van die twee vroue vir wie hy omgee, Elena en Carla, bedreig. Sal hy die meisie uit die kloue van ’n bose netwerk kan red voordat dit te laat is?
Dibi Breytenbach begogel met Heks: ’n lesersindruk
2025-01-15"Die boek is in die eerstepersoon geskryf en dis beslis ’n aanwins en toonkrullekkerte om insae in die hoofkarakter se interne dialoog en binnegesprekke te hê. Hierdie juweeltjies sluit haar wroeging en plesier van ’n ongeoorloofde verhouding in."
Pasverskyn: Harry Potter en die skatte van die dood deur JK Rowling, vertaal deur Kobus Geldenhuys
2025-01-15Terwyl Harry Potter in die sykar van Hagrid se motorfiets klim en in die lug opstyg om Ligusterlaan vir die laaste keer te verlaat, weet hy Heer Voldemort en sy Doodseters is nie ver agter nie. Die beskermende towerspreuk wat Harry tot nou toe veilig gehou het, is verbreek, maar hy kan nie aanhou wegkruip nie. Die laaste stryd moet begin ...
Tietie en Nanna se huiskos deur Najma Abrahams en Azba Fanie: ’n resensie
2025-01-13"Kom ons besin oor tannies, stammoeders en die teenpool van caviar. Voor ons daarby uitkom, moet ek egter net noem: Hierdie is ’n boekresensie."
Liefde en verset deur André le Roux: ’n resensie
2025-01-07"Die skoonheid van die gedigte lê dikwels in die eenvoud van vorm en die suiwerheid van die betoog."
Fresh off the press: The Traveller: Crossing borders and connecting Africa by Thebe Ikalafeng
2024-12-18Rooisand deur Jeremy Vearey: ’n LitNet Akademies-resensie-essay
2024-12-18"Konvensies van vergange eras ten opsigte van byvoorbeeld geslag en seksualiteit, etnisiteit en 'ras' verskil vandag hemelsbreed van wat selfs ’n paar dekades gelede as normatief aanvaar is. Dit het tot gevolg dat afwykings van tradisionele strukturering belangwekkende gevolge het."
Onsigbares en gelukkige eindes: ’n gesprek tussen PJO Jonker en Hennie Aucamp
2024-12-17"Met die lees van die volgende twee uiteenlopende verhale het ek nie ’n gevoel van prekerigheid ondervind nie, maar aansporing tot selfondersoek was daar beslis."
One pot cookbook for South Africans deur Louisa Holst: ’n resensie
2024-12-13"Hierdie boek is saamgestel deur Louisa Holst (wat bekend is vir haar Air fryer-kookboek), en die geregte is gepas vir familie-etes. Die eenvoud van die resepte sal baie mense aanstaan. Van die disse lyk vir my te vanselfsprekend, maar vir ’n onervare kok sal dit nuttig te pas kom."
Pasverskyn: Harry Potter en die Beker Vol Vuur deur JK Rowling, vertaal deur Janie Oosthuysen
2024-12-11Die Drietowenaarstoernooi vind by Hogwarts plaas. Slegs towenaars wat ouer as sewentien is, mag inskryf – dit keer Harry egter nie om te droom dat hy die kompetisie eendag sal wen nie. Maar toe die Beker Vol Vuur op Allerheiligeaand die kampioene aanwys, is Harry verstom om te ontdek sy naam is een van dié wat uitgesoek word. Hy moet lewensgevaarlike take uitvoer en drake en donkertowenaars trotseer ...
Haas en Harriët deur Susan Coetzer: ’n resensie
2024-12-10"Die onheilspellende ondertoon van die boek kom sit egter vroeg-vroeg op die krop van jou maag, hoewel die skrywer aanvanklik nie veel verklap nie ... Die lang, uitgerekte somerdae waar jy wens die tyd wil vinniger omgaan na iets lekkerder toe; die dameskroeë waar net grootmense kon ingaan en kinders buite melkskommels of koeldrank kon geniet, sonder ouertoesig, want dit was 'veilig'."
First sip: The truth about Cape slavery by Patric Tariq Mellet
2024-12-04In The truth about Cape slavery, Patric Tariq Mellet argues that modern South Africa – its economy and politics – is shaped and established on the foundation of chattel slavery just like the United States of America. Cape slavery, rather than minor, was a crucial feature of maritime capitalism. This then moved to become the cornerstone of the Cape’s agricultural economy. Read an excerpt here.
Persverklaring: Huldeblyk aan Breyten Breytenbach – NB-Uitgewers
2024-11-29NB-Uitgewers en Human & Rousseau bring hiermee hulde aan ons volksdigter Breyten Breytenbach wat op 23 November 2024 op 85-jarige ouderdom oorlede is. "Die verlies is onmeetbaar," het sy uitgewer, Nèlleke de Jager van Human & Rousseau, gesê.
Borrelgom deur Jana du Plessis Müller: ’n resensie
2024-11-26"Borrelgom is ’n grootwordverhaal wat hoofsaaklik fokus op gesinsverhoudinge en vriendskap teen die agtergrond van ’n baie lelike olifant in die vertrek, naamlik seksuele gereedmaking en teistering. Sonder enige veroordeling of moralisering slaag die skrywer baie goed daarin om haar boodskap sensitief en met genoeg lig en hoop oor te dra."
Fresh off the press: I will not be silenced by Karyn Maughan
2024-11-20As a young journalist, roped into court reporting to cover Jacob Zuma’s 2006 rape trial, Karyn Maughan could not have known that she would be reporting on Zuma’s legal woes for the next two decades – and would herself become his target.
Seun en Die binneland in deur Dana Snyman, ’n resensie
2024-11-20"Hy dwing ons om anders na die lewe te kyk, veral in ’n postapartheidera waar duisende wittes terug na die 'goeie ou dae' verlang."
Karyn Maughan sal nie gemuilband word nie: PEN Afrikaans se lesing oor persvryheid
2024-11-18"En vergeet van jou eie agenda, voeg sy by. Ons almal moes al ’n berig skryf oor iets waarmee ons nie saamstem nie. ’n Berig wat dalk jou grootste vyand se saak sal ondersteun. Soek net die waarheid."