Burgerskap onder konstruksie: Aida en Rigoletto by die Suid-Afrikaanse Republiekfeesvieringe, 1971

“Albei operas het egter ook die wankelrigheid van die selfverwesenlikingsprojek verteenwoordig: net soos die Nico Malan se onvervulde Aida die oortuiging van godgegewe uitsonderlikheid ondermyn het, het Eoan se mislukte Republiekfeesplanne die groep se illusie van sy eie status binne die nasie verbrokkel.”