Wendy Maartens woon saam met haar man Ben op die walle van die Lourensrivier in Somerset-Wes. Sy was grondslagfase-onderwyseres op Stellenbosch en het onlangs bedank om voltyds te skryf. Sy lewer reisartikels, kortverhale en sketse aan verskeie publikasies en sal ook graag by vertaalwerk betrokke wil raak. Haar jongste kinderboek, ‘n Ster met strepe, is tans op die rakke.
Wendy is ‘n verslaafde rugsakreisiger en is altyd gereed om haar rugsak te pak en verre lande, tale en kulture te gaan verken. Sy het die 800 km lange Camino de Santiago-roete in Noord-Spanje reeds twee keer voltooi en droom steeds om terug te gaan. Sy het ook ‘n sagte plekkie vir die mense van Marokko. Wanneer Wendy nie swerf of skryf nie, doen sy graag pottebakkerswerk en joga en hou die uile op die rivierwal geselskap.
Opgedateer/Updated: 2007-05-03
Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za
Bio info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za