Ryno Eksteen

Ryno Eksteen is 'n prentemaker met verf en potlood.

Hy sê hy leer baie by sy kat. Haar naam is Hulett. Sy weet net nie hoe om te jok nie, verder weet sy min of meer iets van min of meer alles. Veral van stilte en verbeel-verbeel speel. Andersins wissel sy dagtaak soos die blaaie van 'n skeurkalender. Soms stap hy totdat hy moeg word en verkyk hom aan die berge rondom Worcester. Soms maak hy tekeninge en verf prente. Ander kere raak hy betrokke by projekte waar blinde en meervoudiggestremde mense ook deur middel van verf uiting gee aan hulle kreatiwiteit. 

Oor die film Kanarie: ’n ope brief aan Izak de Vries

Ryno Eksteen Menings 2019-02-26

"Destyds, met die uitreiking van die film Kanarie, was ek tussen die duiwel en die diep see. Ek kon en wou nie daarna gaan kyk in ʼn bioskoopteater nie. Die blote herinnering aan 'daardie tyd' het my van voor af naar gemaak."

Top