Marna Clausen

Marna Clausen is die afgelope 23 jaar in die Kaap woonagtig. Sy het 'n passie vir mense en tale en is 'n fanatikus wanneer dit by haar moedertaal, Afrikaans, kom. Marna het in 2004 haar studie aan die Universiteit van Stellenbosch begin en in 2006 die graad BA Taal en Kultuur voltooi. Daarna het haar passie vir jongmense haar in ? onderwysrigting gestuur en aan die einde van 2007 het sy die Nagraadse Onderwyssertifikaat verwerf. Marna is tans besig met die graad MPhil Vertaling en Redigering en skryf in 2009 ? tesis oor tolking.

Opgedateer/Updated: 2008-10-21
Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za
Bio-info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za

Top