Maatje
Ek is gebore in Bloemfontein en het skoolgegaan op Sasolburg. Ek het my universiteitsloopbaan begin in 2004 by die Universiteit van Kaapstad, waar ek BA gestudeer het met hoofvakke Afrikaans, Engels en Drama. Daarna het ek my Honneurs in Afrikaans gedoen by dieselfde universiteit. In 2008 het ek verhuis na Bloemfontein,waar ek by die Universiteit van die Vrystaat gewerk het, en ek het in 2009 met my N.G.O.S. begin by die Universiteit van die Vrystaat. Ek het in 2009 begin skoolhou, en ek is tans steeds onderwyser in Johannesburg. Ek het ook in 2011 begin met my M.A. aan die universiteit van die Vrystaat, waarmee ek steeds besig is.