
Jean-Pierre Roux
Ek’s ‘n 2de-jaar student in sosiale wetenskappe (politiek, filosofie en ekonomie) aan die Universiteit van Kaapstad. My gunsteling-tydverdryf is om rond te sit en te wonder (verkieslik met ‘n bier in my hand) oor vrae soos: “Wat is hierdie bier nou eintlik?” en “Hoe gelukkig is ek om dit in my hand te hê?” en “Hoe groot is die toeval dat my hand so gerieflik naby my mond geleë is?”. Ek speel ook bietjie kitaar en produce electronic tunes op my pc wat ek vir niemand speel nie. Ek het ook vir ‘n tyd in die filmbedryf gewerk voordat ek voltyds begin studeer het, en nou en dan (soos die afgelope maand en toe ek in Brittanje gebly het vir ‘n jaar) wonder ek of ek nie ‘n dokumentêr moet maak oor Afrikaners en hul kak nie, maar dan kyk ek weer na my bier en besef daar is groter dinge in die lewe. Ek hou daarvan as almal oor die weg kom en is altyd verbaas oor hoe min opinies mens nodig het om dit te kan doen. Ek het nie tans ‘n vyfjaarplan nie, maar oor vyf jaar beplan ek om ‘n plan te maak.
Opgedateer/Updated: 2007-02-16
Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za
Bio info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za
