Jannike Bergh

Jannike Bergh woon sedert 2010 in Besançon, 'n dorp in die ooste van Frankryk, waar sy Engels vir hoërskoolkinders en BA-studente aangebied het. Sy is sedertdien betrokke by vele kulturele projekte in Besançon (huiskonserte, vertaalwerk) en het intussen 'n Meestersgraad in Kulturele Studies aan die Université de Franche-Comté met onderskeiding behaal; haar verhandeling het Suid-Afrikaanse "identiteitskrisisse" in kontemporêre kuns ondersoek. Deesdae hou sy haarself besig met Parissoweto, 'n aanlyn-uitruilprojek wat alternatiewe musiek uit Frankryk en Suid-Afrika ten toon stel. Sy het 'n diep belangstelling in die kulturele verhouding tussen Frankryk en Suid-Afrika en dra graag op haar eie manier by. Sy skryf ook in haar eie tyd oor kuns en musiek, maar ook oor aktuele kwessies in Frankryk om 'n ander blik te bied as dit wat in die media uitgebeeld word.

In Parys: ’n paar dae later

Jannike Bergh Menings 2015-12-07

"Van oorlog en terreur is daar niks om te begryp nie."

Top