Jan J van Staden hou van die mondvol taal van ons en is trots om Afrikaans te wees! Hy is van kleintyd lief om rympies te skryf, maar het eers ná skool ernstig begin verse skryf: "Elke dag val ons, leer ons en word ons wyser; só verwoord ons maar die ervaringe en inspirasie."
Van sy gedigte is in die bundel Boksemdais opgeneem, waarin nuwe digters se werke bekendgestel word. Hy is gebore en het grootgeword in die industriële dorp Secunda in die Hoëveld. Hy is in die bankwese en studeer deeltyds Bedryfsielkunde aan Unisa.
Opgedateer/Updated: 2010-03-12
Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za
Bio-info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za