Jan Greyvenstein

Jan Greyvenstein is 48 jaar oud en verdien sy brood en botter deur na ander mense se stories te luister en dit ampshalwe neer te skryf. Daarna moet hy dit uitmekaar trek en 'n oordeel daaroor vel. Dag in en dag uit.

Hy hou van mense en (hul) stories. Intriges en komplotte. Hy sou hom seker soomloos in die joernalistiek kon begewe het, maar sy koerant-bydraes is deur die jare beperk tot 'n sporadiese lesersbrief. Gedurende sy studentejare was hy onder andere redakteur van die studentekoerant Irawa. Maar dit voel soos 'n ewigheid gelede.

Alhoewel hy BC-gebore is, is die skootrekenaar die een uitvindsel wat ook gefrustreerde skrywers soos hy in staat stel om gedagtes in leesbare woorde om te sit. Die save as skakel dien meerendeels as die vergaarplek van dié pogings.


Opgedateer/Updated: 2010-02-05
Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za
Bio-info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za

Top