Ek het grootgeword op Kleinwolwedans, ’n koring-en-wingerdplaas naby Malmesbury in die Boland en het matrikuleer by Hoërskool Swartland. Ek was toe n mediese ontvangsdame vir allerlei interessante medici soos ginekoloee, uroloe en sielkundiges, maar het toe op die rype ouderdom van 27 jaar ’n challenging sprong gemaak ~ vier jaar gaan drama studeer by die Akademie vir Dramakuns (toe nog onder oorle’ Babs Laker se vaandel) my man gelos en die hasepad gekies Johburg toe. Ek sou dit net vir ’n jaar kom uitcheck. Dit was einde 95. Ek is nog steeds hier!
Op 32 was ek natuurlik die oudste waitress in Melville en sommige snotkoppe het my “tannie” genoem, wat my erg ontstel het, maar dit was ’n wonderlike tyd met dié dat ek skielik weer ’n tiener was! So tussendeur al die drank, drugs en what-have-you deur het ek darem ook met ’n one-woman komedie deur die land getoer, vir Egoli, Sewende Laan en Isidingo gespeel en allerhande stage produksies soos bv Brian Webber se Discount Cash and Carry en met Nicola Hanekom in Ongetiteld.
Om weg te kom van die waitressing, maar nog steeds op my eie voete te kon staan en toneel te kan speel, kry ek toe ’n job by Caxton as ’n joernalis vir die Northcliff Melville Times wat ’n absolute joy was, maar toe ontmoet ek vir Jaco, my geliefde, raak so verlief dat ek sak en pak Kaap toe trek. Maar die Kaap van Storms staan my nie eintlik aan nie, toe trek ek terug Sodom toe, Jaco in tou, en trou met hom.
So deur die acting studeer ek BPsych by Unisa sodat ek eendag op my oudag my wyshede met arme, getraumatiseerde siele kan deel. Rustig onder ’n boom. Met ’n koppie tee, en hopelik teen daardie tyd sonder ’n sigaret.
Ek is nie seker of dit my liefde vir lees is wat my die heerlike job by LêNet as redakteur losgeslaan het of omdat ek met die vorige redakteur geslaap het nie, maar ek het so ’n vermoede dit is laas genoemde. Ewenwel dis ’n lekker werk en ek begin ook nou-al die skrywers te leer ken en met hulle ’n gemaklike verhouding te bou. Dit is net vreeslik komies as van die skrywers mooi woordtjies gebruik om na die verskillende anatomie te verwys, maar sodra dit by fyndraai kom raak die verwysings al hoe rowwer en dit is net downhill van daar af!
My geliefkoosde skrywers is Jaco Botha (en nie omdat ek met hom getroud is nie), RR Ryger, Patrick Suskind en Ian McEwan. Ek geniet die ongewone. Die makabere, soos party sex scenes in flieks soos byvoorbeeld die scene in Wild at Heart toe Willem Defoe se baddy karakter voor Laura Dern se karakter gaan staan het en net saggies oor en oor gefluister het “fuck me” totdat sy ’n orgasme bereik, sonder dat hy een keer aan haar geraak het. En die scene waar Juliette Binoche (die skoondogter) en Jeremy Irons (die skoonpa) se karakters mekaar beetkry. Irons het nie eens sy baadjie uitgetrek of sy das losgemaak nie – net unzip en hulle het dit net daar op die kombuisvloer gedoen. Maar nou ja, dit daar gelaat.
Aan al LêNet se skrywers: laat kom daai stories! Pun not intended.
Opgedateer/Updated: 2008-09-09
Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za
Bio info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za