Estelle Kruger

Estelle Kruger het vir 11 jaar Afrikaans-onderrig aan onderwysstudente in die Fakulteit Opvoedkunde aan die Universiteit Stellenbosch gedoseer. Haar swanesang as voltydse senior lektor was om in 2017 by die Universiteit Stellenbosch se Departement Afrikaans en Nederlands ’n verrykingsessie oor Addisioneletaalonderrig vir Honneursstudente aan te bied. Tans is Estelle steeds Buitengewone Senior Lektor by die Departement Kurrikulumstudies aldaar en dien sy ook as eksaminator vir MA- en PhD-studente by ander universiteite. Estelle ontvang in 2006 die rektor en visekanselier van die Universiteit Stellenbosch se toekenning vir voortreflike onderrig. In 2010 het sy op kontrak leesgeletterdheid vir Hons BEd-studente by CPUT in Wellington aangebied.

Vir ’n MA het sy by UKZN in die onderrig van Afrikaans as ’n addisionele taal gespesialiseer en haar PhD by die Universiteit Stellenbosch handel oor die integrasie van humormateriaal in die onderrig van Afrikaans aan onderwysstudente. Sy het 16 akademiese artikels geskryf wat in verskeie geakkrediteerde akademiese tydskrifte gepubliseer is.

Vanaf 2011 tot 2015 was Estelle ’n onderrigverrykingskonsultant en het sy werksessies vir WKOD-onderwysers aangebied oor die stimulering van verbeelding in die onderrig van kreatiewe skryf (in Afrikaans en Engels), en vir onderwysers van die vakbond NAPTOSA oor die onderrig van Afrikaans as addisionele taal. Ook in 2015 was Estelle die programontwikkelaar van haar oud-kollega Richard Stanley se Breingebaseerde Leerprojek vir graad 10-leerders van Oval North Sekondêr in Mitchells Plain. Sy het ook boeke in vir hierdie skool se ontwikkelende biblioteek ingesamel.

Verder het Estelle in 2016 vir Hons BEd-studente by die Universiteit Stellenbosch ’n module oor Kreatiewe Skryfonderrig aangebied. Haar webtuiste hiervoor is www.klaskenades.wordpress.com, waar haar studente se kreatiewe skryfsels gelaai kon word en sy met hulle ook interaktief op die webtuiste gekommunikeer het. Sy het oor naweke saam met die ATKV landwyd getoer om ’n sessie hieroor vir onderwysers van graad 10–12 Huistaal en Eerste Addisionele Taal aan te bied. Hierdie sessie het sy ook vir GeRAT in Bellville aangebied.

In 2018 samel Estelle boeke vir die biblioteek van die bruin gemeenskap Smutsville in en bied sy ’n breingebaseerdeleerprogram vir leerders van graad 7 en 8 aldaar aan wat sy Brainy Kids noem. Meer inligting is by die volgende skakel beskikbaar: http://brainykids13.wordpress.com.

Tans woon en werk Estelle rustig in “Slow Town”, oftewel Sedgefield. Sy leef haar passie uit in die baie wonings van LitNet, waar sy ’n bydrae lewer om Afrikaans as wetenskapstaal te bevorder, resensies van nuwe Afrikaanse jeugromans te skryf, soms onderhoude met skrywers van akademiese artikels te voer en nou en dan ’n gedig of twee te skryf. Verder ontwerp sy in haar vrye tyd blokkiesraaisels vir die Blokaspaai-app op slimfone en om op haar LitNet-blog te laai.

Estelle Kruger is die Redakteur: Opvoedkunde van LitNet Akademies. Kontak haar by estelle@litnet.co.za.

Skoolleiers en sosiale geregtigheid: ’n onderhoud

Estelle Kruger, Clarence Williams Onderhoude 2017-06-07

“Ek is ’n voorstander van die begrip van gedeelde leierskap wat gebaseer is op die idee dat leierskap nie die uitsluitlike domein van een individu is nie, maar in baie mense gesetel is. Ek glo dat alle opvoeders die potensiaal het en geregtig is om tot leierskap by te dra.”

Om al die balle in die lug te hou: 'n Gesprek oor rolkonflik by manlike onderwysers

Estelle Kruger, Deon Vos Onderhoude 2017-05-31

"Hierdie navorsing het bewys dat rolkonflik ’n baie ernstige werklikheid is waarmee rekening gehou moet word. Alle opvoeders beleef rolkonflik tot ’n sekere mate. Dit is uiters belangrik dat persone in gesagsposisies by die werk asook gesinslede toegerus moet word om rolkonflik te begryp en te minimaliseer."

Kinders se leesprobleme: is daar oplossings?

Ansie Lessing, Marike W de Witt, Estelle Kruger Onderhoude 2017-05-18

"Ongeletterde ouers kan stories vertel en hulle kinders aanmoedig om te luister, aandag te gee en die stories te herhaal. Maak die kinders bewus van klanke, vorme en kleure."

Onderwêreld: gewaagd of geslaagd?

Estelle Kruger, Elize Vos Onderhoude 2017-03-28

"Adolessente beleef nie noodwendig meer ’n 'beskermde wêreld waarin hulle veiligheid ervaar' nie. Ons kan hierdie kontensieuse onderwerpe nie meer van hulle weghou en hulle leesstof langer in watte toedraai nie."

Die "ons" in Afrikaanse handboeke

Estelle Kruger, Alta Engelbrecht Onderhoude 2017-03-20

"Ek dink almal kan op hierdie stadium ’n tuiste in Afrikaanse handboeke vind, maar ons moet net bly waak daarteen dat ons nooit weer ’n 'ons' en 'hulle' in ons handboeke skep nie."

Selfoonwoordeboeke, ’n onderhoud

Estelle Kruger, Michele van der Merwe, Carina America Onderhoude 2017-03-07

“Woordeboeke moet as kennisbron gesien word – houers vol nuttige taalkundige inligting.”

Decolonising education in South Africa: An interview with Aslam Fataar

Estelle Kruger, Aslam Fataar Universiteitseminaar | University Seminar 2017-01-23

"Intercultural education promotes a type of epistemic openness to the knowledges of all human beings."

Ontsluit die fondse van kennis: Estelle Kruger gesels met Henry Fillies

Estelle Kruger, Henry Fillies Onderhoude 2017-01-10

Dit is die begin van ’n nuwe skooljaar en die land gons nog oor verlede jaar se matriekuitslae. Orals lees mens van geweldige ongelykheid in Suid-Afrikaanse skole. Maar nie almal sit net en toekyk nie. Aslam Fataar en Henry Fillies is besig met navorsing in skole binne werkersklasomgewings. En hul positiewe bevindings binne die gemeenskap laat mens nadink.

Sosiogramme en genetwerkte leer: ’n soort opsitkers vir onderwysers

Estelle Kruger, Christa van Staden Onderhoude 2016-11-30

"Onderwysers kan baie by mekaar leer. Soms gebeur dit nie. Wáár kan onderwysers met mekaar gesels oor dinge wat noodsaaklik is? Die web kan dalk gebruik word om 'n tuiste te skep."

Boekresensie: Harry Griesel I: Operasie spookredding deur Sonja Kaiblinger

Estelle Kruger Resensies 2016-11-24

"Hierdie boek is ten spyte van die grieselrige gedagtes nooit te skrikwekkend vir jonger lesers nie en ’n mens is nooit seker watter belaglike dinge volgende gaan gebeur nie."

Boekresensie: Die Engelsman in my slaai deur Dihanna Taute

Estelle Kruger Resensies 2016-11-11

"Die Engelsman in my slaai is ’n prettige tienerromanse vir meisies."

Met bome soos met boeke

Estelle Kruger, Henriëtte Loubser Onderhoude 2016-10-27

 "’n Liefde vir lees moet gekwéék word."

Dink buite die boks: die belang van die vak wiskundige geletterdheid

Estelle Kruger, Wynand van der Merwe, Petro van der Merwe Onderhoude 2016-09-22

"As dit ’n uur neem om ’n gat te grou, hoe lank neem dit om 'n halwe gat te grou?"

As universiteite verengels, hoe gemaak met opvoedkundestudente wat by Afrikaanse skole gaan skoolhou?

Estelle Kruger, Gert van der Westhuizen, Alta Engelbrecht SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2016-09-02

"Om opgelei te word as onderwyser deur medium van Engels is die realiteit vir meer as 90% van onderwysstudente aan Suid-Afrikaanse universiteite."

Het Afrikaanse liedjies hierdie studente gehelp om Afrikaans beter te kon uitspreek?

Estelle Kruger, Elbie Adendorff, Jaydey Sass Onderhoude 2016-08-25

"Ek het geleer dat taalverwerwing met pret en genot saamgaan; dat selfs ietsie net so klein soos luister na musiek akademiese waarde het. Dit was vir my verblydend dat die studente wat na musiek geluister het, wel verbetering in uitspraak getoon het."

Top