ATKV-Kinderboektoekennings 2022-persverklaring: Jong lesers kies hul gunstelinge

As deel van die Woordveertjies word die ATKV-Kinderboektoekennings aangebied om die gewildste Afrikaanse kinderboeke te bekroon wat gedurende die voorafgaande kalenderjaar verskyn het. Die beoordelaars van hierdie toekennings is jong lesers self. Dit onderskei hierdie projek van alle ander toekennings.