View this mail online here



LitNet: Jou protes
Nuusbrief | Newsletter 555
19.06.2015
   
 
  Die nuwe LitNet-in-aanbou

Beste lesers

Die nuwe LitNet-in-aanbou hier by huisbou.litnet.co.za mag dalk stadiger aflaai. Sodra die bouproses afgehandel is en LitNet terugskuif na sy eie bediener, sal dit vinniger gaan.

Baie dankie vir julle geduld; ons is byna daar.

LitNet-redaksie

Ns: As jy haastig is, kan jy steeds alles by www.litnet.co.za lees.


  Menings

Essay:
Omar al-Bashir: ’n Internasionale en nasionale bomskok

Marinus Wiechers

"Natuurlik kan mens so ’n Malema-wysheid – omtrent die internasionale strafhof as ’n 'hof van imperiale magte' – as uiterste bog verwerp. Die kommer is egter dat hierdie soort dwaasheid op ’n hoë vlak in ons politiek verkondig word en ons staatkundige denke in die toekoms al meer en meer kan besmet."

LitNet Akademies-essay:
Wanneer kry Suid-Afrika sy Arabiese Lente?

Piet Croucamp

Piet Croucamp oor die vonk in die kruitvat.

Essay:
G'n Magna Carta vir die ANC

Izak de Vries

"Die probleem lê egter in daardie een saak wat 800 jaar gelede aanvaar is: die regering van ’n land is nie verhewe bo die wet nie. Zuma en sy vriende moet dit elke dag hoor."

Hotnotsgot:
Danny Jordaan, burgemeester

Jason Lloyd

 Sal hy die ANC deur die Jordaanrivier kan lei?

Essay:
A genetic accident “tunes” about this and that

Ronnie Govender

"I was once introduced at a literary seminar as an 'Indian' playwright. Swallowing a choice expletive which, regrettably, is my wont at such provocations, I said, as politely as I could, 'I have never heard of Athol Fugard being introduced as a white playwright, or Mbongeni Ngema as a Zulu playwright. Why do you introduce me as an Indian playwright? I wasn’t born in India. I was born right here in South Africa.'"

Blogs

Jeugdag? Ngezilimi Abaningi namuhla!
Izak de Vries

Dankie Afrikaans
Crito

Wat die leser wil hê
Antjie Kat

SêNet

Ope brief aan die ANC
Pieter-Dirk Uys

'n Kort antwoord op Crito se evaluering van my resensie van Jan van Staden se boek
Koos Kombuis

  LitNet Akademies



Natuurwetenskappe:
Gedeeltelike beskrywing van bakterieë in die SVK van Haliotis midae, met die fokus op potensiële probiotika

Anneke Postma, Karin Jacobs

Perlemoenboerdery is een van Suid-Afrika se belangrikste akwakultuurbedrywe. Van die grootste probleme in hierdie bedryf is die stadige groeitempo van die perlemoen en ekonomiese verliese as gevolg van siektes. Hierdie studie het die bakterieë in die perlemoen se spysverteringskanaal ondersoek om een te identifiseer wat as probiotikum gebruik kan word.

Regte:
Die basiese-struktuur-leerstuk: ’n basis vir die toepassing in Suid-Afrika, of ’n skending van die skeiding van magte?

Cecile van Schalkwyk

Hierdie artikel oorweeg die potensiële oorname van die basiese-struktuur-leerstuk van Indië in Suid-Afrika. Dié leerstuk bepaal dat, ten spyte daarvan dat die formele en prosedurele vereistes vir wysiging nagekom is, ’n wysiging aan die Grondwet ongrondwetlik sal wees indien dit die basiese struktuur van die Grondwet skend, negeer of vervang.

  Boeke en skrywers

LitNet Akademies-resensie-essay:
Ikarus deur Deon Meyer

Jonathan Amid

"Dit is deesdae byna onmoontlik om na 'n speurfiguur te verwys sonder dat kaptein Bennie Griessel as verwysingspunt dien ..."

ATKV-Skrywersalbum:
Marlene van Niekerk (1954– )

Erika Terblanche

"Die hoogste geluk is om te skryf." Marlene van Niekerk se ATKV-Skrywersprofiel is nou volledig bygewerk.

Essay:
“Wat kan ek doen om my kind lief te maak vir lees?”

Marita van der Vyver

"Dink aan jou kind se boeke soos aan jou kind se kos. Laat haar toe om soms haar eie kos te kies, al laat dit jou gril of al dink jy dis erg ongesond. Maar leer haar deur jou eie voorbeeld om beter te eet."

Onderhoud:
Wenner van die Groot Afrikaanse Romanwedstryd 2015

Dan Sleigh, Naomi Meyer

"’n Romanskrywer woon in sy verbeelding, kies self sy tydperk, en dáár bestaan geen 'hedendaags' nie. Die leser kyk deur ’n venster na binne; wat hy sien, hang van hom af."

Boekresensie:
Solitaire deur Vita du Preez

Daleen Venter

"Du Preez moes omvattende navorsing vir hierdie roman gedoen het. As jy ’n leek op die gebied van juweelontwerp, boerdery en branderplankry is, sal hierdie roman jou kennis verskerp."

  Leefstyl

KlankKas-onderhoud:
Cherry Vynil: "Ons wou nog nooit net ’n gewone of gemiddelde band wees nie"

Henry Cloete

"Daar is tog nie ’n reg of verkeerd nie; dinge is anders met elke lied. Van die songs word in ’n relatief kort tydperk geskryf en ander vat maande, selfs jare om die lig te sien."

Teaterresensie:
Vrou-alleen in die Bôrdienghuis beïndruk

Michael le Cordeur

"Vrou-alleen is ’n verhaal wat alle mans wat langer as ’n dag getroud is, behoort te sien, maar waarskynlik nooit sal sien nie, omdat hulle te veel van ’n sissie is om die naakte waarheid te aanskou – tensy daardie naaktheid in die vorm van die vroulike liggaam is."

KlankKas-onderhoud:
Kabaal Klankbaan: "Vir my gaan musiek grootliks oor ervarings deel en samesyn"

Henry Cloete

"Dis nogal vreemd om 'n liedjie, jare nadat jy hom geskryf het, voor 'n mikrofoon te sing, en ’n hele ander belewenis te hê, en nuwe betekenis aan die woorde te heg."

  Nuwe skryfwerk

Fiksie:
Die ander vrou

MS Burger

"’n Glansryke selfmoord, en die feeksgodin van blosende sonskyn regeer vir ewig vanaf ’n plek waar mense jou dadelik vergewe en met liefde onthou."

  Nuwe Geskiedenis


Die volledige Nuwe Geskiedenis van Suid-Afrika
is nou gratis op LitNet beskikbaar!

  Onderlangs

Hygliteratuur:
My beste naweek ooit

GSA

"Die vraag hoekom is dit dan so verkeerd as dit so reg voel kom by my op."



  


  
Vind jou sielsgenoot!
Klik hier om verder te soek.