View this mail online here



LitNet: Jou Eugène Marais
Nuusbrief | Newsletter 550
14.05.2015
   
 
  Die nuwe LitNet-in-aanbou

Beste lesers

Die nuwe LitNet-in-aanbou hier by huisbou.litnet.co.za mag dalk stadiger aflaai. Sodra die bouproses afgehandel is en LitNet terugskuif na sy eie bediener, sal dit vinniger gaan.

Baie dankie vir julle geduld; ons is byna daar.

LitNet-redaksie

Ns: As jy haastig is, kan jy steeds alles by www.litnet.co.za lees.


  Boeke en skrywers

“Die regte Eugène Marais moet nog ontdek word.”
Jean Oosthuizen gesels met Friedel Hansen oor
Die handdruk van die dood.

Tien vrae:
Fanie Viljoen oor Prooi

Fanie Viljoen, Naomi Meyer

"Die jagter weet natuurlik hy jag, maar die prooi weet nie of hy of sy gejag word nie. Dit help om die spanning snaarstyf te span."

Review:
Breaking the back of neoliberalism: On Goosen’s Oor gemeenskap en plek

Auwais Rafudeen

"This lyrical, lucid and indeed spiritual meditation on our current condition seeks to challenge the hyper-individualism of our times by restating the centrality of community in cultivating the real self."

Onderhoud:
Ena Jansen gesels oor Soos familie: Stedelike huiswerkers in Suid-Afrikaanse tekste

Ena Jansen, Naomi Meyer

"Soos familie ... Dit veronderstel ’n intieme verbintenis, maar dit kan ook ’n slagveld van emosies wees, van afstandelikheid en wantroue. Wat huiswerkers betref: die angel lê in die woordjie soos. Uiteindelik kan hulle uit jou lewe verdwyn op ’n manier wat regte familie nie maklik sou nie."

Resensie:
Die potlooddief se bruid en ander stories

Maryke Roberts

Die potlooddief se bruid en ander stories is "sielvolle vertellinge oor mense wat jou anders na jou geliefdes laat kyk".

Tien vrae:
Santie van der Merwe oor gelyke kans

Santie van der Merwe, Naomi Meyer

"Jy kan tog nie ‘n geloofwaardige karakter skep as jy jouself nie in sy of haar skoene kan indink nie. Dit was vir my skrikwekkend om te dink hoe maklik dinge kan skeefloop."

Franschhoek Literary Festival 2015:
Eight international authors and why you should see them

Karin Schimke

Karin Schimke looks at who's who in the internationally flavoured programme at this weekend's Franschhoek Literary Festival.

NeerlandiNet:
Libris Literatuur Prijs 2015 voor Adriaan van Dis

Hendrik-Jan de Wit

"Dat dit boek je als lezer vasthoudt heeft veel te maken met de menselijke complexiteit die Van Dis zijn personages heeft meegegeven. Geen van hen is eenduidig of doorzichtig. Nee, zij zitten vol contradicties, dubbelzinnigheden en leugens."

ATKV-Portaal:
ATKV Woordveertjies 2015 nou oop vir inskrywings


Die sluitingsdatum vir inskrywings is 5 Junie 2015.

  Leefstyl

KlankKas-onderhoud:
TWEE: "Ons gaan nou gooi – dis tyd"

Henry Cloete

"Op die ou end wil ’n mens eerlikheid behou, maar jy wil ook geen mense vervreem nie. So om hardegat te wees en mense te vervreem om ’n kleiner nismark gelukkig te hou, is beslis nie die beste besigheidsbesluit nie. So ons moet nog daaroor dink en kyk hoe ons dit gaan benader."

KlankKas-onderhoud:
Dewald Wasserfall: "Ek verkies klein gehore, maar ..."

Henry Cloete

"Ek het die groep ontbind en myself vertel dat ek die musiekbedryf finaal gaan verlaat. Ek kon egter nie vir lank wegbly nie en het stilweg aan my soloprojek begin werk. Ek kan nie sê ek is enigsins spyt oor die besluit nie ..."

Resensie:
Krismis van Map Jacobs deur Adam Small

Danie Botha

"Die spelers se spraak is duidelik; hulle bewegings is doelgerig en verras ook. En deurgaans gló jy in hulle. Want hulle spel is werklik deurleefd; hulle ís die karakters."

kykNET-portaal:
Coenie de Villiers oor 'n Ander wêreld

Coenie de Villiers, Naomi Meyer

"Dis onderwerpe wat so effe aweregs is, maar wat my interesseer. Ons vang vis saam met die oorblywende handlynvissers van die Weskus, ry langafstand saam met trokdrywers, bly saam met boemelaars en bergies, bring nagte saam met noodwerkers deur."

Resensie:
Eerste optrede van die Universiteitskoor Stellenbosch onder bestuur van die US Woordfees

Carine Janse van Rensburg

"Die universiteitskoor en hul koorleier het bekoor met ’n hartverwarmende optrede wat beslis geen siel, of selfs siellose, in die gehoor onaangeraak kon laat nie."

ATKV-Portaal:
ATKV-Mediaveertjies 2015 vir presteerders


Hier is die wenners, die toespraak van Japie Gouws en foto's van die geleentheid.

  Menings

Rubriek:
Hulpdoding: sonde, of die ultimate toonbeeld van compassion?

Bettina Wyngaard

"Nie almal sal daai keuse maak nie, maar hoekom moet ’n lydende persoon wat kies om sy lyding te beëindig, boonop ’n krimineel gemaak word?"

Regsalmanak:
"Vermoede van dood"-bevel

Gustaf Pienaar

"'n Goeie voorbeeld van 'n 'vermoede van dood'-aansoek vind ons in die 1993 Suid-Afrikaanse Hofverslae. Ene mnr Govender was 56 jaar oud toe hy in die winter van 1985 sy huis in Chatsworth in Durban verlaat het. Sedertdien het niemand hom weer gesien nie – nie sy familie of vriende nie en ook nie sy kollegas by die fabriek waar hy gewerk het nie. ... Maar ..."

Blogs

My werk: Tyd om te trek?
stellensmit

'n Sug van verligting
Crito

Die regte adres?
Antjie Kat

  LitNet Akademies

Geesteswetenskappe:
Plek as liggaam en liggaam as plek. Tendense van die nuwe materialisme en interaksie tussen mens en plek in enkele tekste uit Verweerskrif (2006) van Antjie Krog

Susan Smith

"In hierdie artikel word die plek as liggaam en liggaam as plek deur middel van ’n ekokritiese en die nuwe-materialisme-benadering verken aan die hand van gekose verse uit Antjie Krog se bundel Verweerskrif(2006)."

Regte:
Suid-Afrikaanse howe se hantering van verlore testamente

James Faber, François du Toit

"Hierdie bydrae belig, teen die agtergrond van die Boedelwet 66 van 1965 se voorskrifte rakende die hantering van testamente deur die meester van die hooggeregshof, enkele uitsprake waarin Suid-Afrikaanse howe se toepassing van die gemenereg ten opsigte van verlore testamente vir kritiek vatbaar is."

LitNet Akademies Klaskamer:
Vraestel en memorandum: Afrikaans Eerste Addisionele Taal, Graad 9, Vraestel 2, November 2014

Dewald Koen

Dewald Koen, Afrikaans-onderwyser by Kingswood College, deel een van sy 2014-vraestelle.

  Skryfwerk

PoësieNet:
Die Stem van Taalfeesjaar, 1975

Pieter-Dirk Uys

"Uit die blou van ons toneelkuns ..."

Standbeeld-gedigte | Statue poems
[tussen hakies (oor monnemente gepraat)]
Fanie Olivier
Separated
Raymond Fritz
Ozymandias herbesoek
Hennie Nortje
#Je suis Saartjie
Richard Higgs
LitNet het reeds 'n verskeidenheid standbeeld-gedigte gepubliseer.
Lees dit hier!
LitNet has already published a variety of statue poems.
Read them!

  Nuwe Geskiedenis


Die volledige Nuwe Geskiedenis van Suid-Afrika
is nou gratis op LitNet beskikbaar!

  Onderlangs

Hygliteratuur:
By die partytjie

Dromer

“As jy dit het, kan jy maar brag met dit.”



  


  
Vind jou sielsgenoot!
Klik hier om verder te soek.