| Die nuwe LitNet-in-aanbou |
 |
Die skakels op hierdie week se nuusbrief klik deur na ons nuwe LitNet-in-aanbou. Lees LitNet-redakteur Etienne van Heerden se redakteursbrief en gee ons jou terugvoer.
Die nuwe LitNet: Redakteursbrief
Etienne van Heerden
"Hierdie ontwerp is vars en nuut en bied skoner uitleg wat natuurlikerwys navigeer." |
|
|
 |
Onderhoud:
Volkspeler is terug, met Die Boksburg Bebop
Henry Cloete
"Dit is nie moeilik om antihoofstroom te skryf nie. Skryf net iets met substance, of gebruik die dubbele-ontkenning-reël as jy rym, óf versuim om die woord 'hart' in die liriek te gebruik, dan is dit klaar antihoofstroom." |
|
|
 |
Teaterresensie:
Pythonesque
Danie Botha
"'Monty Python' ... Dis ’n begrip in die komediekuns. ‘n Mens weet hulle soort vermaak val nie in almal se smaak nie. Jy kies jou gaste reg. Jy stel jou vooraf reg in sodat jy begin uitsien na maltrappe se bewegings, gesigsuitdrukkings, stemakrobatiek, fopdossery en veral na die sfeer van gewaagdheid, verspottigheid, absurditeite en veroorloofde oordrywing." |
|
|
 |
Regsalmanak:
Appèlle na die Geheime Raad in Londen
Gustaf Pienaar
"Greyvensteyn se plaas in die distrik Molteno is deur 'n swerm voetgangersprinkane binnegeval. Die sprinkane het oor die plaas getrek in die rigting van Hattingh en ander boere se plase. Onderweg het hulle heelwat skade aan Greyvensteyn se plaas aangerig." |
|
|
 |
Resensie:
Takelwerk deur Daniel Hugo
Danie Botha
"Maar lees nou hierdie digbundel van Daniel Hugo, of net maar 'Stellenberg se eik' (56). Dan het ’n mens mos hoop. Dan kan jy nog die krag van Afrikaans so duidelik ervaar. Jy gaan oor tot verstáán." |
|
|
 |
Tien vrae:
Martin Steyn oor skuldig
Martin Steyn, Naomi Meyer
"Toe ek die skryfkursus by die South African Writers’ College gedoen het, was een van die eerste opmerkings van Wilna Adriaanse: Wie is die perspektiefkarakter? Vertel die storie deur sy oë." |
|
|
 |
ATKV-Skrywersalbum:
Sussie Kotze (1933–)
Erika Terblanche
“Die lewe is eintlik baie prikkelend. Ek is baie lief vir mense, en solank ’n mens leef en belang stel in mense, is daar gedurig dinge wat ’n indruk op jou maak en in jou kop vassteek.” |
|
|

 |
Skryfkompetisie:
1 001 reiswoorde
Hierdie kompetisie is nou gesluit en die laaste inskrywings word tans gelaai.
Op die spel: ’n Groot Vyf-bergfietstoer van drie dae in die Mthimkhulu-gebied van die Groter Krugerwildtuin óf 2 nagte vir 2 in die Coopmanshuijs-vyfsterhotel op Stellenbosch.
Watter een is jou gunsteling? Lees hier al die inskrywings!
|
|
|
|
|