Amerika se politieke alfabet het in ’n tuimeldroër beland

“In die November 2023-uitgawe van The Economist skryf John Prideaux dat Amerika ’n nuwe leksikon benodig om vanjaar se verkiesing te bespreek. Met net meer as ’n maand oor tot stemdag voel dit asof woorde ontbreek om te beskryf wat tans in die VSA gebeur. Die Amerikaanse politieke alfabet, asof in ’n tuimeldroër gegooi, blyk ontoereikend te wees vir die ontleding van die gang van sake.”