Agterstories: Wat Sophia ons kan leer oor die ekonomie van slawerny

“Mens sou hoop dat die geskiedenisdepartemente van universiteite soos Kaapstad en Stellenbosch – geleë in die distrikte waar die meeste Kaapse slawe sou gewoon en gewerk het, en waar baie afstammelinge steeds hunker na ’n beter verstaan van hul eie geskiedenis – hierdie gaping sou raaksien en aanspreek.”