Affek, emosie en die postmodernistiese verhaal: ’n ondersoek na Koos Prinsloo se "Die jonkmanskas"

“Dit blyk uit die ondersoek dat die postmodernistiese vorm van die verhaal nie ’n oppervlakkige vervreemding – soos Robinson voorstel – tot gevolg kan hê nie, maar juis ’n verdieping van emosies.”