Aardklop 2017: ’n onderhoud met Henque Heymans oor DEURnis

“Anders as ander teaterervarings, waar jy gemaklik verlore raak in die gehoor en absolute anonimiteit geniet, word jy hier ’n karakter. Sonder om ’n woord te uiter besef jy wie jy as gehoor ‘speel’ en bevind jy jou in iemand anders se skoene.”