Fanie Naudé gee raad aan voornemende kortverhaalskrywers

  • 0

Fanie Naudé se raad aan voornemende kortverhaalskrywers

“No iron can pierce the heart with such force as a period put just at the right place.” – Isaac Babel

  • Lees oor die tradisionele sieninge van die moderne kortverhaal: die idee dat dit ’n “slice of life” verteenwoordig – iets wat uit die hoek van die oog gesien word, in die verbygaan; die gedagte van ’n enkele of unieke effek; ’n vertelling wat die eienskappe van ’n sprokie of allegorie aanneem; ens. Wanneer jy genoeg geoefen het met die tradisionele vorme van ’n kortverhaal, oorweeg hoe mens daarmee kan eksperimenteer.
  • Val reg in die verhaal in, laat die handeling dadelik loop. Die eerste sin moet reeds die spanningsopset daarstel en die leser intrek. Spanning word dikwels geskep deur wat weggelaat word, eerder as deur wat gesê word. Oorweeg onheil. Onheil werk goed in die kortverhaal.
  • Kry jou karakters by die deur in. Jou karakters se definiërende eienskappe moet heel gou wys. Daar is min ruimte vir karakterontwikkeling in die kortverhaal. Karakters kan wel ’n epifaniese insig of lewensveranderende oomblik ervaar.
  • Ekonomie en konsentrasie is vanselfsprekend belangrik vir die kortverhaalskrywer. Algemene stylreëls, soos stroping van onnodige adjektiewe en beskrywing, geld des te meer.
  • Dink aan eenheid terwyl jy skryf, wat betref die storie en die tema. Probeer onder andere jou titel, openingsin en slotsin aan mekaar koppel. Laat die verhaal oor ’n redelik kort tydperk afspeel.
  • Skryf die soort verhaal wat jy graag self sou wou lees. Jy hoef nie noodwendig te skryf oor wat jy ken nie, maar skryf oor iets wat jy kan verbeel aan die hand van wat jy ken.
  • Jy hoef nie presies te weet waarheen die verhaal gaan wanneer jy begin nie. Moenie na die tyd wegskram daarvan om te slyp en (soms diep) te sny aan die verhaal nie.
  • Luister na jou eie stem. Moenie wegskram van jou weerloosheid nie. Moet egter nooit sentimenteel raak nie – ’n kortverhaal is nie ’n opgaarbak vir eie emosies nie.
  • Leeswenke:

    • Lees die kortverhale van die beste Afrikaanse en internasionale skrywers.  Lees Hennie Aucamp en Koos Prinsloo. Lees Tsjechof, Raymond Carver en Tobias Wolff. Probeer bundels van eietydse Amerikaanse kortverhaalskrywers: ZZ Packer (Drinking Coffeee Elsewhere), Dave Eggers (How We are Hungry) en Valerie Martin (The Unfinished Novel and Other Stories).
  •  

  • Fanie se kortverhaalbundel, Alfabet van die voëls, verskyn in September 2011 by Umuzi.

  • 1

Kommentaar

  • Hierdie klink bietjie soos die stelseldenke: Jy moet nie die idee emosioneel besit nie, sodat jy dit kan weggooi as dit nie werk nie en oor begin.

    Checkland uber alles
    Goeie raad.
    Swerwer

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.

    Top