die Stilte

  • 0

die mure het steeds ore wat luister, en skadu's sluip
voetloos oor wit hande.

ek spits my ore, gretige antennas, en hou my asem
afwagtend op. ek klem my wit hande, en hou die dooie
horlosie met groot oë dop ...
en ek wag -

vir die bekende gesels van sleutels wat in 'n rooi voordeur
kners. die sagte sug van 'n boekbladsy onder geel lamplig.
vir die brom van Beethoven op 'n raserige klokradio. die intieme
nanag-murmeling van twee stemme in gesprek.

'n spinnende kat se ligvoet-midnagspel op my kombers ...

ek spits my ore, en ek luister na my hart wat breek in 'n vers.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top