The Basic English Afrikaans Xhosa Zulu Aid

Naledi kondig met trots die verskyning aan van ’n multitalige woord- en fraseboek deur die bekroonde outeur Isabel Uys: The Basic English Afrikaans Xhosa Zulu Aid. Dié sakgrootte publikasie bevat woorde en frases in vier van Suid-Afrika se prominentste tale – Engels, Afrikaans, Xhosa en Zoeloe.